Die Woord soos ‘n branderplank

Ek sit vanoggend hier op die strand terwyl die wind waai, die see is onstuimig, die sand slaan teen my bene vas. Die tipiese Transvalers in die koue see.

Ons lewe speel soms af in die see, wanneer probleme jou tref soos die ys koue branders wat jy soms nie eens kan voorspel nie, dan probeer ons dit ontduik, maar tog slaan dit jou soms onderste bo. Ander probeer dit net uitry op hulle maag.

Dis toe HEILIGE GEES my die vraag vra, hoekom gebruik ons nie net ‘n branderplank en ry op die probleme nie? Wanneer ons GOD se Woord as die branderplank gebruik, dan kan ons bo ons omstandighede wees en vir ons probleme sê, daar staan geskrywe: “Alles werk ten goede mee vir die wat die HERE lief het!”. Op die manier ry jy jou golwe uit tot op die strand, soos JESUS vir die dissipels gesê het, “Kom ons gaan oor na die oorkant” nadat HY geweet het daar gaan storms kom. Die vraag is net, op wie vertrou jy?

Groete
Peter

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.