Hoekom doen jy dit?

Ons het onlangs by ons kerk se Hebreeuse klas aangesluit (nie dat tale een van my sterk punte is nie). Pastoor het toe ‘n baie interesante vraag gevra: “Hoekom doen jy dit?” Ons antwoord kon nie wees net omdat ons die taal wil leer nie, maar ons finale antwoord moet wees om ‘n dieper verhouding met GOD te hê.

Die volgende oggend in die stort (my alleen tyd) vra HEILIGE GEES my: “Hoekom stort jy?” Ek het eers gedog ek hoor verkeerd? Ek meen, dis mos nou ‘n snaakse vraag van GOD af.  Maar toe begin HEILIGE GEES my leer: “Hoekom maak jy jou bed op?; Hoekom borsel jy jou tande?; Hoekom staan jy op vir werk?; Hoekom kom maak jy kos vir jou mense na ‘n vol dag se werk?; Hoekom doen jy al die dinge?” Wie sien werklik jou bed deur die dag? Wie sien jou werklik jou tande borsel? Waardeer jou mense al jou moeite regtig?”

So wat ek geleer het was:

  • Uit dankbaarheid dat ons in ‘n warm bed kon slaap, maak ons ons bed op om dankie te sê vir JESUS;
  • Ek is JESUS se tempel so dié tempel moet skoon, netjies en gesond wees;
  • Baie is sonder werk, so uit dankbaarheid teenoor GOD, staan ek op vir werk;
  • Daar’s nog kos in die kaste wat JESUS voorsien terwyl baie sonder kos gaan slaap, so dit is ‘n voorreg om vir my mense kos te maak.
  • Dit is lekker om te weet dat my VADER in die Hemel is trots op my!!

Jy sien, sodra jy begin JESUS in jou antwoord sit, dan verander jou uitkyk ook oor die lewe. Dis waar jy dan besef dat JESUS is my Alfa en Omega, my Begin en Einde!

So, HOEKOM DOEN JY DIT?

Shalom (vrede/volheid op alle vlakke)

Peter

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.