“Die Getuienis” bediening is absoluut net om GOD se Koninkryk uit te brei.

Kontak ons

Whatsapp of epos ons met die opskrif “Bydrae” om ‘n bydrae te maak. Die bank besonderhede is ook onderaan die bladsy.

(Whatsapp / Telegram: 0711662178 / info@diegetuienis.co.za)

Help ons om ‘n verskil in iemand se lewe te maak deur enige bydrae te gee. Stuur asb vir ons ‘n epos met die woord “Bydrae” en ons sal dan “Die Getuienis” se bank besonderhede vir u terug stuur waarin u ‘n donasie kan maak soos GOD u lei.

Ons bid dat elke saad wat u in enige bediening in saai, sal vermeerder en u die saad dubbelvoudig sal terug ontvang in JESUS Naam!

Met u epos sal ons ook al ons besonderhede vir u aanstuur. U is meer as welkom om ons te kontak of selfs ‘n koffie te kom drink as u in die area woon of is (Pretoria, Suid-Afrika).

Net ‘n bietjie agtergrond oor ons:

My Oupa (nou in die hemel) was ‘n volslae alkoholis op die ouderdom van 16 jaar oud. ‘n Paar dames van die lokale kerk het net aangehou bid vir hom. Op ‘n aand nadat hulle hom dronk op die sypaadjie opgetel het, het hulle hom kerk toe gevat. Daar het GOD hom aangeraak. Hy het ‘n pastoor geword en mense in “Hillbrow”, Johannesburg bedien en ‘n groot inpak gemaak. Deel van sy oes was dat my Pa (Past. P. Palmer) ook ‘n pastoor geword het en is tans al ‘n pastoor vir 30 jaar + (2018). Ek en my vrou werk ook nou vir GOD met “Die Getuienis” bediening.

As gevolg van ‘n paar dames se “TYD” wat hulle opgeoffer het, is ‘n paar generasies in die bediening vir GOD se Koninkryk.  Al kan u dalk nie fisies geld in saai nie; u “TYD” wat u afstaan om vir ons te bid beteken ook baie! Kyk wat het ‘n paar dames se gebede veroorsaak. U gebed is selfs meer werd as geld!

Mag GOD u ryklik seën op alle gebiede en mag u terug oes vir elke saad wat u in GOD se Koninkryk in saai in JESUS Naam!

Liefde,

Peter, Juanita en seuns