Peter & Juanita Palmer

Net ‘n bietjie agtergrond oor ons:

My Oupa (nou in die hemel) was ‘n volslae alkoholis op die ouderdom van 16 jaar oud. ‘n Paar dames van die lokale kerk het net aangehou bid vir hom. Op ‘n aand nadat hulle hom dronk op die sypaadjie opgetel het, het hulle hom kerk toe gevat. Daar het GOD hom aangeraak. Hy het ‘n pastoor geword en mense in “Hillbrow”, Johannesburg bedien en ‘n groot inpak gemaak. Deel van sy oes was dat my Pa (Past. P. Palmer) ook ‘n pastoor geword het en is tans al ‘n pastoor vir 30 jaar + (2018). Ek en my vrou werk ook nou vir GOD met “Die Getuienis” bediening.

As gevolg van ‘n paar dames se “TYD” wat hulle opgeoffer het, is ‘n paar generasies in die bediening vir GOD se Koninkryk. Al kan u dalk nie fisies geld in saai nie; u “TYD” wat u afstaan om vir ons te bid beteken ook baie! Kyk wat het ‘n paar dames se gebede veroorsaak. U gebed is selfs meer werd as geld!

Mag GOD u ryklik seën op alle gebiede en mag u terug oes vir elke saad wat u in GOD se Koninkryk in saai in JESUS Naam!

Liefde,

Peter, Juanita en seuns


Die Getuienis is op Kruiskyk.tv

“Gaan na die hele wêreld en bring die goeie boodskap vir al die mense.” Markus 16:15

Die HERE bewys SY Liefde aan mense op verskeie maniere en daardeur kan ons nie ophou getuig oor SY goedheid nie. ‘n Getuienis kan soveel hoop en nuwe moed bring, selfs tot bekering. Die doel van “Die Getuienis” is om die wêreld, deur middel van video opnames, te vertel dat JESUS nogsteeds wonderwerke doen en dat HY die Een is wat Nuwe Lewe gee.

Peter & Juanita Palmer

https://kruiskyk.tv/


Baie welkom by “Die Getuienis“.  Ons vertel van gebeurtenisse hier in Suid Afrika.  Ons besef dat daar nou baie dinge gebeur in ons land, so “Is daar nog hoop vir ons in Suid-Afrika?”

Luister gerus na die opnames en laat weet ons van jou gebeurtenis.

Bestaan GOD nog? Doen HY nog wonderwerke in Suid-Afrika asook in ander lande? Kom luister na Die Getuienis om te hoor wat het GOD in mense se lewe gedoen. Dis hier waar jy ‘n verskil in iemand se lewe kan maak.